Saturday, 05 May 2007

WAARHEID EN REKONSILIASIE

Daar is vir my geen land of nasie soos my eie Suid Afrika nie. Ek is trots Afrikaans, gek na my taal, geskiedenis, en my toekoms, maar wanneer daar verkeerdelik gepeuter word met dit wat kan wees, en dit wat moontlik is, dan wil ek altemit weet hoekom? Hoekom moet ek alles toesluit en wegsteek? Hoekom moet ek bang wees as ek alleen by die huis is, of op 'n fiets deur die land wil trap, of los hotnot die strate wil invaar? Hoekom is daar mense wat moet treur oor die afsterwe van geliefdes weens geweld en haat? Ons is tog almal mooi, wel, dit was die intensie, dat ons na mooi moet strewe. Hoekom moet die onskuldige menigte die prys betaal vir ander wat manupileer en moor in 'n dolle gejaag na mag, en dit net vir 'n oomblik se misplaasde glorie? Ek wil net weet, wie maak besluite namens my en derduisende soos ek?

Op die lang pad, het ons daagliks met mense van verskillende kulture, agtergrond, opvoeding en stand te doen, en steeds bly ek vas staan daarby, dat ons almal mooi is. Dit maak tog nie saak hoe 'n ander geleer het om te lewe, of te glo en te strewe nie, solank die strewe uiteindelik is, om mooi en goed te wees, dan is die saak mos reg? Ek wil my dood huil as ek hoor van dinge soos Uhuru, of beter bekend as "The night of the long knives". Dit is blykbaar 'n allervreeslikste komplot wat die huidige regering bedink het, vir 'n tereur aanval op wit Suid Afrikaners, en gaan blykbaar plaasvind die dag wat Oud President Nelson Mandela doodgaan, of minstens 7 dae daarna. Hulle plan is om ons geweldadig dood te maak, of die land uit te verjaag, en is reeds stelselmatig besig met die uitvoering van hierdie plan. Alles wat daar van vertel word, is waar, dit is dinge wat aan die gebeur is, maar weereens wil ek weet Hoekom? Ek dog dan apartheid is iets van die verlede, en dat ons besig is om ons verskille uit te sort. Duidelik nie, want steeds, na soveel jaar is swart bemagtiging in werking, dissipline en orde neuk by die deur uit, en maak plek vir geweld en misdaad. Is ons dan tog nie nou al gelyk nie? Ek sweer, ek het niks met apartheid uit te waai gehad nie, en ek glo nog altyd, dat elke ou moet kry wat hom toekom. Ek is nie 'n rasis nie, en daarom moet ek nie onder dieselfde kam geskeer word as diegene wat wreed teenoor ander is, net omdat hulle nie van hul kleur hou nie. Baklei is nog nooit die antwoord nie, maar as ons weereens strewe na die goeie, kan ander tog net daaruit leer. Leer 'n mens nie uiteindelik maar beter uit voorbeeld nie?

Hoekom maak almal dan asof alles so fantasties is, maar agter 'n mens se rug, word daar gekonkel? Ek dink nie ek hou baie daarvan nie. As jy tog iemand so haat en van kant wil maak, waarom hom nie trompop loop en vertel van jou gevoelens nie? Dis tog meer menslik, en ons is maar almal mens, dan nie? Was dit nie juis agterbaksheid, wat destyds tydens die vrede verdrag, gesorg het dat derduisende zoeloes hul lewens moes inboet by die slag van bloedrivier. Dit wys jou maar net, dat 'n mens nie kan bo bly as jy met duistere agendas die minderheid probeer indoktroneer nie.