Tuesday, 17 April 2007

ONS EERSTE WEDERVARINGE

DIE ONTNUGTERING:

Alles was anders as wat ons dit verbeel het. Die ontnugtering was so groot, dat ons skoon verbeisterd deur elke dag getrap, en as’t ware survive het. Ons werklikheid was skielik ‘n onwerklikheid. Elke dag was soos ‘n ontdekkings reis, maar die anderster tipe. Ons het bang die toekoms ingestaar, niemand weet werklik presies waar ons is, of wat van ons word nie. Ek weet, voor my heilige siel, dat ons sal fine wees, maar die oorweldigende vrese hou my terug, wil ek gou gou bel, en vra dat iemand ons moet kom haal hier langs die R102, oppad na Durban. Maar nee wat, ons sal fine wees, moet net ‘n bietjie uithou, totdat ons die mas opkom, en die toer trapkuns bemeester, dan kan niemand ons keer nie.

Ons het ‘n lang dag van trap agter die rug, en daar is ‘n vreeslike suid ooste wind wat ons van balans gooi, maar hier is die afrit na Ballito, nog net ‘n klein entjie, dan is ons daar. Ons het nog geen idee waar ons gaan bly nie, en ons finansies is ietwat beroerd, so ons kan nie kieskeurig wees nie. Solank ons ‘n warm bad kan he, en ‘n ietsie vir die honger, dan is ek so goed soos uitgesort! Ons kies eers koers strand toe, want die twee woefies, wil bene rek, en ek kort eers my asem terugkry voordat ek kan blyplek soek.

So gebeur alles weereens, net soos dit beskore is. Ons ontmoet die mees interessante, vreemdste mense, en ons naweek draai in nog ‘n avontuur, wat ons vandag nog speechless laat.

Meer hiervan ‘n ander keer.