Sunday, 22 April 2007

DIE BEGIN: 'n splinter nuwe begrip



2 Dames & 2 Jack Russel hondjies het op 23 Oktober 2004 uit St Lucia weggetrek, oppad na Kaapstad. Geen ondersteunings voertuig, geen reddings span of enigiemand om die lewe makliker te maak of om probleme uit te sorteer nie. ‘n Harwar besluit met geen tyd om voor te berei en geen vorige ondervinding was seker dan juis die uitdaging wat ons nodig gehad het. Die onsekerheid was opwindend.

Omdat ons nie rerig vreeslike beplanning of navorsing gedoen het oor ons roete nie, maar onsself eerder toegespits het tot die pad naaste aan die strand of op die strande self, het ons minwetend vir onsself ‘n lat gepluk. Nietemin het ons met ons aankoms in Kaapstad en met die hulp van die media, met ons toer voortgegaan en strand langs tot in Upington gery. Vandaar weer tot in Potchefstroom.

Met baie moeite, frustrasie en fisiese uitputting het ons voortgebeur, en metter tyd optimum fiksheid of eerder stamina gehandhaaf, wat dinge makliker begin maak het.
Daar was gevare, die lysie is elle lank, veral deur die welombekende Wilde Kus, waar ons vir dae sonder water of kos moes oorleef. Berge op, kranse langs, die hoogtes in, met die wete, dat as iets moes gebeur, ons hulpeloos sou wees, met geen selfoon sein of enige hulpmiddels, anders as hardloop na die naaste dorpie, wat wie weet hoe ver is.

Om die eentonigheid van fietsry te breek, het ons met ‘n kanoe op die Oranje rivier gaan roei, weereens oningelig oor die gevare, sonder gids of kommunikasie middels wat werk. Hoewel asemrowend pragtig, het ons ons vasgeloop teen ‘n ontoeganklike “rapid” wat ons ingesluk en uitgespoel het aan die Namibiese kant, vir dae sonder niks, nie eens skoene aan ons voete nie.

Daar is soveel stories oor die mense langs die pad, die natuur, hoewel sprokiesagtig, ook soms ongenaakbaar en ons ontberinge. Hierdie toer wat ons aangepak het, het ons definitief oopgemaak vir so baie dinge wat voorheen onmoontlik of ontoegangklik was. Daar is ‘n rykdom aan dinge wat meeste van ons al van vergeet het, in Suid-Afrika, en nou wil ons graag die dinge so akkuraat moontlik, deel met die wat dalk nooit sal waag nie. Dit is belangrik om die dinge nie mis te kyk nie, en te weet dat elkeen van ons deel het aan die stand van sake in ons land. Dis tyd dat almal se stemme tel en dat ‘n mens weet wat aangaan.

Hoe gaan ons dit doen?

WIE NIE WAAG NIE…